Hoërskool Okiep is trots op Clayton, wat met uitstekende prestasie eerste plek in Graad 10 behaal en die goue medalje verower het. Sy harde werk, toewyding en deursettingsvermoë het vrugte afgewerp. Clayton sal die skool op 5 September by die provinsiale kompetisie in Upington verteenwoordig. Die skool het hom gelukgewens en sterkte toegewens met die volgende rondte. ’n Spesiale woord van waardering gaan ook aan Juf. De Jongh vir haar harde werk, ondersteuning en toewyding aan die leerders.