Hoërskool Okiep het hul skoolhoof, Juf. Jordaan, geluk gewens dat sy al geheel derde geëindig het tydens die National Teachers Awards in Kimberley. Die skoolgemeenskap het haar gelukgewens met hierdie besondere prestasie en bedank vir die wyse waarop sy die skool verteenwoordig en Hoërskool Okiep se naam hoog gehou het. Haar toewyding, harde werk en leierskap is ’n inspirasie vir die hele skoolgemeenskap. Hoërskool Okiep is met reg Kiepie-trots op Juf. Jordaan en haar uitstekende prestasie.