In Erfenismaand word van Kimberley en die Noord-Kaap se waardevolle erfenisterreine, voorwerpe en museums bekendgestel. ’n Seleksie van Kimberley se straattonele en geboue, wat omstreeks 1961 deur die Amerikaanse fotograaf en joernalis Harrison Forman (1904–1978) afgeneem is, bied ’n unieke blik op die stad se verlede. Forman het vir The New York Times en National Geographic gewerk en wêreldwyd verslag gedoen. Sy indrukwekkende versameling van sowat 98 000 foto’s dokumenteer die geskiedenis en mense van talle wêrelddele.