Die Richtersveld Munisipaliteit, NCEDA en die Departement van Onderwys bied ’n Loopbaanuitstalling en Ekspo aan om die jeug voor te berei op moontlike loopbaangeleenthede wat die Boegoeberg-hawe-megaprojek kan bied. Die uitstalling vind op 21 September by die Osmondsaal in Alexanderbaai en op 22 September by die Drop-in Sentrum in Port Nolloth plaas, telkens van 09:00 tot 16:00. Inligting oor loopbane in maritieme studies, ingenieurswese, omgewing, konstruksie en IKT sal beskikbaar wees. Bel 027 851 1111 vir navrae.