Die polisie in die Noord-Kaap het 地 48-jarige man in hegtenis geneem nadat hy na bewering van die toneel van 地 noodlottige ongeluk op die N8 naby Schmidtsdrift gevlug het. 地 Volkswagen Polo en 地 staatsvoertuig met lede van die Upington Openbare Orde Polisie was betrokke. Die Polo-bestuurder en 地 passasier is op die toneel dood verklaar, terwyl 地 polisielid beseer is. Die verdagte voertuig is in Kimberley opgespoor en gekonfiskeer. Die man sal na verwagting op aanklagte van strafbare manslag, roekelose en nalatige bestuur, en regsverydeling in die hof verskyn.