Die Springbok-landdroshof het ’n pleitooreenkoms tussen die staat en Neels Reginald Marving (40) goedgekeur nadat hy skuldig gepleit het op ’n aanklag wat met ongeslypte diamante verband hou. Marving is in Maart 2021 in Springbok deur die Vlieg Eenheid Eskader voorgekeer. Twee voorwerpe wat diamante geblyk het, is in sy voertuig gevind en op beslag gelê. Hy is ’n boete van R15 000 opgelê, of 30 maande gevangenisstraf, wat vir drie jaar voorwaardelik opgeskort is. Die diamante is aan die staat verbeur. Marving is ook onbevoeg verklaar om ’n vuurwapen te besit.