Die beweerde kartellid, Vusimuzi Cat Matlala, sê hy vertrou nie meer vir Brown Mogotsi nie, nadat laasgenoemde na bewering betalings van 15-duisend rand versoek het.
Matlala het vandag voor die Madlanga-kommissie van ondersoek getuig.
Hy sê die versoeke het vir hom geen sin gemaak nie, aangesien hy geglo het dat 'n minister nie so 'n klein bedrag sou vra nie.
Matlala het aan die kommissie gesê dat Bheki Cele hom aangeraai het om aan te hou om vir Mogotsi geld te gee, maar nie te veel nie, in die hoop dat hy hulle na minister Senzo Mchunu kon lei.