Die multi-dissiplinêre Operasie Phakisa het op Donderdag, 20 Julie 2023 begin en op Sondag, 23 Julie 2023 in Port Nolloth, Kleinzee, Groenrivier, Alexanderbaai en Hondeklipbaai geëindig. Die fokusarea wat hierdie kwartaal aangespreek was, het onwettige aktiwiteite met betrekking tot mariene verwante misdade ingesluit deur streng nakoming van die voorgeskrewe boerdery-, visvang- en oesregulasies te moniteer en te verseker, asook om die verspreiding van dwelms aan te spreek en die vloei van ongedokumenteerde immigrante te voorkom. “Nege voertuig kontrolepunte is op die Port Nolloth/Alexanderbaai-pad en die Port Nolloth/Kleinzee-pad uitgevoer waartydens 81 voertuie en 165 persone voorgekeer en deursoek is,” het polisiewoordvoerder in die Noord- Kaap sersant Timoty Sam gesê.