Die 35 jarige Neil Swartbooi is onlangs in die Port Nolloth-streekhof tot 5 jaar direkte gevangenisstraf gevonnis vir diefstal uit ‘n motorvoertuig. Op 25 April 2022 het die Port Nolloth SAPD 'n saak opgevolg waar 'n battery uit 'n voertuig gesteel is en hierdie vinnige optrede het verseker dat Swartbooi, twee dae later, in hegtenis geneem is. “Die beskuldigde het later skuld beken en is op 20 Julie 2023 tot 5 jaar direkte gevangenisstraf gevonnis en onbevoeg verklaar om 'n vuurwapen te besit,” het polisoewoordvoerder Luitenant Kolonel Sergio Kock gesê.