By: Bernadine Edith Hein
Date: Tue, 25 Jul 2023
Language: Afrikaans
Category: Crime
Man van Port Nolloth 8 jaar gevangenis straf opgelê
Die SAPD-bestuur verwelkom die vonnis van
8 jaar wat opgelê is aan 'n 20-jarige man wat beskuldig is dat hy 'n 21-jarige
vrou onlangs in Port Nolloth gesteek het. Op Vrydag, 30 April 2021 is 'n saak
van poging tot moord by Port Nolloth SAPD aangemeld.“Die 20 jarige Simamkele Nopinky Fojana en die slagoffer was in 'n woordewisseling betrokke en het haar verskeie kere met 'n gebreekte bottelnek in haar gesig en kop gesteek. Fojana is gearresteer en van poging tot moord aangekla, maar later skuldig bevind aan aanranding en op 21 Julie 2023 in die Port Nolloth-streekhof tot 8 jaar gevangenisstraf gevonnis,” het Luitenant Kolonel Sergio Kock, polisiewoordvoerder gesê. Die distrikskommissaris vir Namakwa, brig Schalk Andrews het speur sersant Golekane Mokgothu van die Port Nolloth-speurders geloof vir die noukeurige ondersoek wat sekerlik 'n streng boodskap sal uitstuur dat geslagsgebaseerde geweld en vrouemoord nie deur die Suid- Afrikaanse Polisiediens geduld sal word nie.
Related News