By: Bernadine Edith HeinDate: Wed, 26 Jul 2023Language: AfrikaansCategory: Community
Gemeenskappe kom bymekaar om Wielie Walie by te staan
‘n Dringende gemeenskapsvergadering gaan
vandag plaasvind by Dr. Izak van Niekerk Primêre Skoolsaal. Die ouers en
gemeenskapslede word uitgenooi om die vergadering by te woon, waar die brandstigting
wat by Wielie Walie plaas givind het ook bespreek. Alle rolspelers in die gemeenskap
word versoek om hierdie vergadering by te woon. Dit sal plaasvind om 18:00.
In die tussentyd gaan Savemore Bergsig met elke botteltjie
pannekoek deeg wat hulle verkoop die opbrengste skenk aan Wielie Walie. Klïente
kan bestellings plaas by 027 050 0780.