By: Bernadine Edith Hein
Date: Wed, 26 Jul 2023
Language: Afrikaans
Category: Crime
Namakwalanders word gewaarsku teen lisensie swendalary
Plaaslike gemeenskapslede in die
Namakwa-distriksmunisipaliteit word streng gewaarsku om onwettige transaksies
te vermy weens desperaatheid en nie die regte roete volg nie. Dit volg op 'n afpersing wat op die sosiale netwerk, watsapp die ronde doen van 'n ongeïdentifiseerde individu wat aanbied om leerlings en bestuurs lisensies uit te reik vir belangstellendes. Die koste beloop n minimum van R2500. Roeline, 'n slagoffer wat amper vir die bedrogspul geval het, het gesê die persoon het gesê dat hulle by die plaaslike departement van verkeer in Springbok werk en dat hulle ander individue wat in die dienste belangstel, bygestaan het. Sy het bevind dat dit ‘n bedrieglike aktiwiteit is - om mense uit hul geld te bedrieg.
Related News