Die polisie doen ‘n beroep op Noord-Kapenaars om versigtig te wees vir swendelary
Die Noord-Kaapse polisie
versoek die publiek om versigtig te wees vir kommersiële misdade soos
uitvissing en finansiële swendelary. Die polisie het afgeraai om te belê of
geld te gee aan mense wat beweer hulle kan beleggings verdriedubbel, aangesien
dit gewoonlik ‘n bedrogspul is. Hulle raai ook af om bank- en
wagwoordbesonderhede met ander te deel. Individue word versoek om
aanlynbanktransaksies op veilige verbindings te doen en publieke verbindings te
vermy. ‘n Polisiewoordvoerder, luitenant-kolonel Sergio Kock, sê mense moet
versigtig wees wanneer hulle aanlyn inkopies doen.