By: Bernadine Edith Hein
Date: Thu, 27 Jul 2023
Language: Afrikaans
Category: Community
Rolspelers dien kospakkies en water in die Kammiesberg area uit
Gift of the Givers,
Namakwa Distriksmunisipaliteit, Departement van Sport, Kuns en Kultuur het gister
Rooifontein, Kammasies, Nourivier, Tweerivier en Spoegrivier besoek en het aan
elke huishouding 10 liter water en 'n kospakkie oorhandig. Die nederige
gemeenskappe het vir die rolspelers gebid, veral vir die ondersteuning wat
ontvang is. Alle Vroeë Kinderontwikkelingsentrums in die 5 dorpe het aparte
voedselhulp en water ontvang. 'n Totale
afstand van ongeveer 500 kilometer grondpad is afgelê om te verseker dat daar
aan behoeftige huishoudings voorsien word.
Related News