By: Bernadine Edith Hein
Date: Wed, 06 Sep 2023
Language: Afrikaans
Category: Crime
Jongman in besit van onwettige plate vasgekeer
Op Maandag, 4 September 2023, het die Openbare Orde Polisie
(POP) tydens die uitvoering van operasie "Vhuthu Hawe"-aksies,
inligting ontvang oor 'n verdagte wat in transito met vetplante vanaf Pofadder
was.
Die inligting is geoperasionaliseer en 'n bus is met
aankoms by 'n motorhuis op Springbok deursoek en bedreigde vetplante ter waarde
van meer as R33 000 is gevind.
“Die polisie het 'n 23-jarige manlike verdagte aangekeer,
en aangekla vir die besit van bedreigde spesies/plante kragtens die Wet op
Nasionale Omgewingsbestuur Biodiversiteit (NEMBA), 10 van 2004 en sal binnekort
in die Springbok-landdroshof verskyn,” het polisiewoordvoerder Sersant Timothy
Sam gesê.
Related News