Polisiebestuur gaan opdatering gee oor ernstige misdaad in die land
Die
bestuur van die Suid-Afrikaanse Polisiediens (SAPD) sal vandag ‘n opdatering
verskaf oor die sukses van onlangse operasies wat uitgevoer is in reaksie op
ernstige en gewelddadige misdaad.
Die
span sal gelei word deur die minister van Polisie, generaal Bheki Cele en
waarnemende nasionale kommissaris, luitenant-generaal Tebello Mosikili.
Die
minister se woordvoerder, Lirandzu Themba, sê dit sluit inligting oor gewapende
rooftogte, ontvoerings, afpersing en transito-rooftogte in.