By: Bernadine Edith Hein
Date: Mon, 19 Feb 2024
Language: Afrikaans
Category: Crime
Operasie Shanela, plaasgevind oor al vyf distrikte
Operasie Shanela, die hoëdigtheid multidissiplinêre
operasie, is van 11 tot 18 Februarie 2024 oor die al vyf distrikte uitgevoer. Die
nul-toleransie-benadering van alle rolspelers het verseker dat altesaam 372
verdagtes in hegtenis geneem is, van wie 180 daagliks gesoekte verdagtes was
wat deur speurders aangekeer is. Aksies het voertuigkontrolepunte, padblokkades
en stop-en-soektogte ingesluit waar 6835 persone en 3312 voertuie deursoek is. Nakomingsinspeksies
is gedoen by tweedehandse goederehandelaars, skrootmetaalhandelaars,
vuurwapenhandelaars sowel as formele en informele besighede. Altesaam 8
ongelisensieerde drankwinkels is gesluit. Patrollies is in landelike gebiede
uitgevoer waar 75 plase besoek is. “Daar is beslag gelê op 'n aansienlike
hoeveelheid alkohol en dwelms, asook koperkabel, gevaarlike wapens en onwettige
sigarette ter waarde van meer as R1 miljoen,” het Kolonel Cherelle Ehlers gesê.
Related News