By: Bernadine Edith Hein
Date: Mon, 19 Feb 2024
Language: Afrikaans
Category: Crime
Die Batebeslagleggingseenheid verkry bewaringsbevel teen staatsamptenaar
Die
Batebeslagleggingseenheid in die Noord-Kaap het ‘n bevel vir die behoud van
eiendom teen die hoof- finansiële beampte van die Departement van Openbare
Werke, Bradley Slingers, toegestaan. Dit is nadat die polisie meer as 650
duisend rand in Slingers se voertuig gevind het tydens ‘n padblokkade in
November verlede jaar. Die polisie het op die kontant beslag gelê nadat
Slingers geen bewys of ‘n redelike verduideliking vir die kontant in sy besit
kon verskaf nie. ‘n Woordvoerder van die Nasionale Vervolgingsgesag, Mojalefa
Senokoatsane, sê die eenheid glo die kontant is opbrengs van onwettige
aktiwiteite en geldwassery.
Related News