By: Bernadine Edith HeinDate: Mon, 26 Feb 2024Language: AfrikaansCategory: Crime
Verdagte van Pofadder gevonnis vir moord
Op Vrydag, 12 Augustus 2022, is 'n 40-jarige man noodlottig
gesteek na 'n onderonsie met die beskuldigde, in Middelstraat, Pofadder. “Die
Pofadder-streekhof het op Maandag, die 22-jarige Charlton Witbooi tot 12 jaar
gevangenisstraf gevonnis waarvan 4 jaar vir 5 jaar opgeskort is,” het polisiewoordvoerder
sersant Molefi Shemani gesê. Die
benadeelde is onbevoeg verklaar om 'n vuurwapen te besit.