By: Bernadine Edith HeinDate: Mon, 26 Feb 2024Language: AfrikaansCategory: Accident
Waaksame lede by die Vioolsdrift grenspos ontdek 3 onwettige vuurwapens
Tydens ‘n roetine voertuig deursoeking by die Vioolsdrift-grenspos
is 'n taxi voorgekeer en deursoek. Die bestuurder het uitgespring en van die
toneel gevlug en die assistentbestuurder en 7 passasiers in die voertuig
gelaat. Tydens die deursoeking het die polisielede 3 vuurwapens ontdek wat in
'n plastieksak versteek was, onder die bestuurdersitplek. “Die
assistentbestuurder en die 7 passasiers is in hegtenis geneem en aangehou. Die
polisie het ’n soektog van stapel gestuur opsoek na die bestuurder. Vioolsdrift
SAPD ondersoek 'n saak van onwettige besit van vuurwapens,” het die
polisiewoordvoerder brigadier Mashay Gamieldien gesê. Die verdagtes sal na verwagting binnekort in
die Springbok-landdroshof verskyn.