Die Noord- Kaapse Premier dr. Zamani Saul het in sy 2023 Staatsrede genoem dat die ANC Regering ‘n vennootskap met die land se grootste Telekomunikasie Reuse, Vodacom, MTN en Cell C gesluit het om landelike gebiede te konnekteer met dir res van die dorpe. Goodhouse ‘n landelike dorpie teen die Oranje Rivier in Namakwa het Vrydag amptelik opvangs kry. Raadslid Warren Britz sowel as die klein gemeenskap was in ekstase en het ‘n glasie geklink op die mylpaal. Inwoners oud en jonk was vol lof vir regering. “Die regering vergeet ons nooit al voel dit soms so,” het n jeugdige gesê. Klipfontein, Kamasies en Rooifontein was ook laasjaar opgeskakel en kommunikasie verloop seepglad. Premier Saul noem dat die 300 miljoen projek daarop uit is om die gewone mense te laat baatvind. Die projek was moontlik gemaak deur die Noord-Kaapse Regering, Namakwa Distrik Munisipaliteit, Sport Kuns en Kultuur sowel as Vodacom SA.