By: Bernadine Edith Hein
Date: Mon, 18 Mar 2024
Language: Afrikaans
Category: Crime
Hoëdigtheid-operasies afgelope week in al vyf distrikte uitgevoer
Hoëdigtheid-operasies onder die vaandel van Operasie
Shanela is die afgelope week in al vyf distrikte uitgevoer om trio-misdade,
kontakmisdade, dwelm- en alkoholverwante misdrywe en eiendomsverwante misdade
aan te spreek. Die multi-dissiplinêre operasies het 297 misdadigers opgespoor,
waarvan 136 gesoekte verdagtes is wat deur speurders in hegtenis geneem is
tydens opsporingsoperasies. Verdagtes is gearresteer vir die pleging van
ernstige misdade, insluitend roof met verswarende omstandighede, poging tot
moord, verkragting, geslagsgebaseerde geweld en roof. “Hoësigbaarheidspatrollies is in landelike
gebiede uitgevoer waar verskeie plase en myne besoek is. Die optrede het gelei
tot die konfiskering van 'n aansienlike hoeveelheid drank, dwelms en gevaarlike
wapens,” het polisiewoordvoerder kolonel Cherelle Ehlers gesê.
Related News