By: Bernadine Edith Hein
Date: Tue, 19 Mar 2024
Language: Afrikaans
Category: Crime
Skietbank verkragter tot tien jaar gevangenisstraf gevonnis
Die Springbok-streekhof het onlangs 10 jaar tronkstraf
opgelê aan die 33-jarige Franco Swartz ná die verkragting van 'n 30-jarige
vroulike slagoffer in Skietbank, Okiep, op Maandag, 08 Maart 2023. Die hof het
gehoor dat die beskuldigde op diè dag die slagoffer aangerand en verkrag het. ‘n
Noord- Kaapse polisiewoordvoerder, Sersant Timothy Sam het bevestig dat die hof
'n 10 jaar direkte tronkstraf opgelê vir verkragting, 2 jaar vir geslagsgebaseerde
geweld en 6 maande vir gewone aanranding. “Alle vonnisse sal samelopend
uitgedien word en die beskuldigde is onbevoeg verklaar om 'n vuurwapen te besit
en sy naam sal in die Nasionale Seksoortredersregister aangeteken word,” het
Sersant Sam gesê.
Related News