Namakwa Distriksmunisipaliteit het onlangs 'n Strategiese Sessie aangebied onder leiding van Uitvoerende Burgemeester mnr. Mervin Cloete en Munisipale Bestuurder, Sydney Adams.  Daar was  belangrike onderwerpe bespreek, soos die werk van die DBSA, die rol van plaaslike regering in verandering, die bevordering van ekonomiese ontwikkeling, interne ouditering vir diensverbetering, en menslike ontwikkeling. Die 2-dag sessie is afgesluit met 'n hernieude kommunikasiestrategie wat bespreek is deur ons Openbare betrekkinge - en Kommunikasiebeamptes, wat verseker dat die ontwikkeling in Namakwa volgehou word.