By: Bernadine Edith HeinDate: Thu, 21 Mar 2024Language: AfrikaansCategory: Crime
Die Noord-Kaapse hof gee Valke-beslagleggingsbevel toe
Die Upington-landdroshof het die Valke-
Batebeslagleggingseenheid ’n finale bevel toegestaan teen die 48 jarige Masoud
Mohammed (48). In Mei 2023 is inligting ontvang oor 'n taxi wat na Springbok
gery het, en dat een van die passasiers 'n swart en rooi sak met kontant gedra
het. Die polisie het die taxi onderskep. Die saak is na die Valke verwys, wat
saam met die Nasionale Vervolgingsgesag se eenheid gewerk het. Die
Upington-landdroshof het Dinsdag die Valke en Batebeslagleggingseenheid (AFU)
’n finale beslagleggingsbevel van R227 450 teen Masoud Mohammed toegestaan. Die
geld sal in die Kriminele Assets Recovery Account (CARA) inbetaal word.