By: Bernadine Edith HeinDate: Thu, 21 Mar 2024Language: AfrikaansCategory: Crime
Man gevonnis vir statutêre verkragting
Die Springbok-streekhof
in die Noord-Kaap het gister ’n 26-jarige man tot ses jaar direkte tronkstraf
vir statutêre verkragting gevonnis. Abongile Sibekwa is in 2021 in hegtenis geneem nadat hy
‘n 14-jarige meisie in Carolusberg verkrag het. Sibekwa en die slagoffer het by dieselfde
blok huurwoonstelle gebly en die beskuldigde het die slagoffer na sy kamer toe
genooi om seksuele omgang met haar te hê. ‘n Polisiewoordvoerder, sersant Timothy Sam, sê die slagoffer se ma
het daarvan bewus geraak en die saak by die polisie aangemeld.