By: Bernadine Edith Hein
Date: Fri, 22 Mar 2024
Language: Afrikaans
Category: Crime
Operasie Vala Umgodi operasies gaan voort om die gesag in die Namakwa-distrik af te druk
Met meer stewels op die grond, gaan Operasie Vala Umgodi voort
om die gesag in Namakwa-distrik af te druk. In Kleinzee is Maandag, agt
ongedokumenteerde persone tussen die ouderdomme van 23 en 51 jaar oud
gearresteer en boetes ter waarde van R 3 000.00 vir padverkeersoortredings
uitgereik. Daar is beslag gelê op mynimplemente wat vermoedelik gebruik word in
die kommissie van onwettige mynbou. “Lede het op Dinsdag, vier verdagtes tussen
die ouderdomme van 21 en 45 jaar oud vir onwettige mynbou in Kleinzee
gearresteer en beslag gelê op 'n speelgoedgeweer. ’n 38-jarige verdagte is
gearresteer vir die handel in drank sonder ’n lisensie en daar is beslag gelê
op kontant wat vermoedelik die opbrengs van misdaad is,” het ‘n
polisiewoordvoerder Sersant Molefi Shemane gesê.
Related News