'n 32-jarige vrou wat in Bankhara, Kuruman woon, is gister by haar in huis vermoor. Luitenant-kolonel Sergio Kock, die Noord-Kaapse polisiekommunikasiebeampte, het gesê die slagoffer het na bewering geslaap toe 'n onbekende inbreker haar slaapkamervenster gebreek het en haar gisteroggend noodlottig geskiet het. Volgens ‘n Radio Nfm-nuusbron word daar geglo dat die oorledene oorspronklik van Namakwaland afkomstig is. Hierdie tragedie volg nadat haar kêrel vroeër vandeesmaand genadeloos geskiet is. Kolonel Cherelle Ehlers, polisiewoordvoerder, het meer oor die storie. – CLIP