Verdagtes verskyn in die hof vir die besit van vuurwapens
Twee verdagtes sal
binnekort in die Kuruman-landdroshof in die Noord-Kaap verskyn vir die besit
van vuurwapens en gevaarlike wapens. Die verdagtes is Vrydag in hegtenis geneem
vir die besit van vier vuurwapens en ammunisie. Polisielede het inligting
opgevolg en op ‘n huis in Kuruman toegeslaan. Die polisiewoordvoerder,
luitenant-kolonel Sergio Kock, sê die polisie het beslag gelê op vuurwapens,
ammunisie, pangas en messe. Kock sê polisielede is geloof vir hul harde werk.