DA bekommerd oor die swak toestand van Namakwalandse paaie
Die DA in
die Noord-Kaap het sy kommer uitgespreek oor die swak toestand van paaie in
Namakwaland. Die party sê die paaie ontmoedig toeriste om die gebied te verken
en plaas druk op boere en besighede. Die DA sê om ingenieurs te kontrakteur om
die paaie te inspekteur, is ‘n finansiële las vir die munisipaliteit. Die party
het aan die LUR vir Paaie en Openbare Werke, Fufe Makatong, geskryf om die
kwessie aan te spreek.