Die Postmasburg streekshof in die Noord-Kaap het gister ‘n man tot lewenslange tronkstraf gevonnis vir verkragting. Die hof het die 43-jarige man skuldig bevind aan die verkragting van sy vierjarige niggie in 2022. Die slagoffer se ma het ‘n ooreenkoms met die verdagte gehad om haar kind op te pas as sy gaan werk het. Die Nasionale Vervolgingsgesag se woordvoerder, Mojalefa Senokoatsane, sê hulle is tevrede met die vonnis en is vasberade om aan te hou veg teen geslagsgebaseerde geweld.