By: Bernadine Edith Hein
Date: Tue, 28 May 2024
Language: Afrikaans
Category: Crime
Dwelms van meer as R2 m. onderskep
Meer as R2 m. se dwelms is Sondag onderweg na Upington
op die N10 deur polisielede wat van diens was, onderskep. Sers. Omphile
Masegela sê lede van die hoofwegpatrollie, grenspolisie en honde-eenheid het
inligting van die groot besending dwelms wat onderweg is, ontvang en ‘n
operasie geloods. ‘n Hyundai Sonata is voorgekeer en deursoek. Altesaam 9 315
Mandrax-tablette van ongeveer R930 000, tik met ‘n geskatte waarde van R603 000
(2.012 kg), asook 1.32 kg kokaïen met ‘n geskatte waarde van R554 000 is glo in
die voertuig versteek gevind. Die dwelms is gekonfiskeer en ‘n man en vrou,
Nigeriese burgers, 42 en 39 jaar, is op aanklag van handel in dwelmmiddels in
hegtenis geneem. Hulle sal na verwagting binnekort in die hof verskyn.
Related News