By: Bernadine Edith HeinDate: Thu, 27 Jun 2024Language: AfrikaansCategory: Politics
Dr Zamani Saul, sal vanoggend die Lede van die Uitvoerende Raad aankondig.
Die Premier van die Noord-Kaap, dr Zamani
Saul, sal vanoggend om 10:00 die Lede van die Uitvoerende Raad (LUR'e) vir die
Sewende Administrasie aankondig. Hierdie aankondiging volg op Premier Saul se
demokratiese verkiesing en beëdiging as die sewende Premier van die Noord-Kaap,
wat gevolg is deur sy intreerede Dinsdag. Die aankondiging van die LUR'e sal
volgende week opgevolg word deur 'n eedseremonie wat deur die Regter-president
van die Noord-Kaapse afdeling van die hooggeregshof gelei sal word.