Verkragter kry lewenslank vir verkragting van 11-jarige
Die
Galeshewe-streekhof in die Noord-Kaap het ‘n 34-jarige man Woensdag lewenslange
tronkstraf opgelê vir verkragting. Die beskuldigde is gevonnis vir die
verkragting van ‘n 11-jarige meisie in 2022 in Galeshewe. Die slagoffer het in
haar slaapkamer wakker geword en gevind dat die beskuldigde haar onbetaamlik
aanraak. Die beskuldigde het haar toe na sy bed gesleep en haar verkrag. ‘n
Polisiewoordvoerder, kolonel Cherelle Ehlers, sê die verkragter het die kind
die volgende dag weer verkrag. Ehlers sê die meisie het die tweede verkragting
vir haar ma vertel, wat die saak toe by die polisie gaan aanmeld het.