Die Suid- Afrikaanse polisiediens in Springbok ondersoek 'n saak van poging tot moord nadat 'n 45-jarige vrou met steekwonde in Bergsig gevind is. Daar word vermoed dat die voorval gisteroggend ongeveer 05:30 plaasgevind het. Die slagoffer is hospitaal toe geneem vir mediese behandeling. Na verdere ondersoek het die polisie 'n 59-jarige man in verband met die voorval in hegtenis geneem. Die ondersoek duur voort.