By: Bernadine Edith Hein
Date: Tue, 20 Aug 2024
Language: Afrikaans
Category: Crime
Verdagtes in hegtenis geneem vir verskeie misdade
Die Noord-Kaapse polisie het 494 verdagtes in hegtenis
geneem vir verskeie misdade tydens die vermindering van kontak- en
geweldsmisdade in misdaadbrandpuntgebiede. Die verdagtes is van verlede week
Woensdag tot gister in hegtenis geneem. Polisielede het verdagtes in hegtenis
geneem vir moord, poging tot moord, verkragtingsroof, besit van vervalste
goedere en onwettige handel in drank. Die span het voertuigkontrolepunte en
padblokkades uitgevoer waartydens tweeduisend-853 voertuie en vyf-duisend-320
persone voorgekeer en deursoek is. ‘n Polisiewoordvoerder, luitenant-kolonel
Sergio Kock, sê die polisie het daagliks 287 gesoekte verdagtes gearresteer vir
die ontduiking van hofverskynings en die oortreding van hofbevele.
Related News