By: Bernadine Edith Hein
Date: Mon, 26 Aug 2024
Language: Afrikaans
Category: Crime
Multi-dissiplinêre hoëdigtheid-operasie het tot die arrestasie van 334 verdagtes gelei
Die verskerpte pogings tydens die weeklikse
multi-dissiplinêre hoëdigtheid-operasie het die arrestasie van 334 verdagtes in
die provinsie tussen Maandag, 19 Augustus en Sondag, 25 Augustus 2024 verseker.
Die ontwrigtende aksies wat uitgevoer is, het die stop en deursoeking van 3 101
voertuie en 7 178 by voertuigkontrolepunte en padblokkades ingesluit. Die
operasie het kriminele aktiwiteite aangespreek deur 191 verdagtes vir verskeie
ernstige misdade in hegtenis te neem. Speurders het onvermoeid gewerk en 143
gesoekte verdagtes opgespoor en gearresteer wat op die vlug geslaan en
arrestasie ontduik het.
Related News