Die 46 jarige Dawn Celeste Pieterson is deur die Calvinia Gespesialiseerde Handelsmisdaadhof skuldig bevind aan nege aanklagte van bedrog en twee oortredings van die Wet op Geboorte- en Sterfteregistrasie. Tydens haar diens by die Departement van Binnelandse Sake het sy vals sterftevorms uitgereik om begrafnisversekeringseise te bekom, wat R334 634 aan vier versekeringsmaatskappye kos. Pieterson is tot vyf jaar direkte gevangenisstraf gevonnis, met ’n opgeskortte vonnis van 12 maande. Sy mag nie vuurwapens besit nie. Generaal-Majoor Steven Mabuela het die ondersoekspan se werk geprys.