Die skool het rede tot groot trots nadat die matriekslaagsyfer van 63,6% in 2023 na 78,9% in 2024 en verder na 84% in 2025 gestyg het. Die volgehoue verbetering is die resultaat van toegewyde onderwysers, sterk leiding en leerders wat hul beste gegee het. Die uitslae wys dat die skool jaarliks sterker word en aan ’n kultuur van uitnemendheid bou. Knap gedaan aan die Klas van 2025!