’n Man is tot lewenslange tronkstraf gevonnis vir die verkragting van ’n 84-jarige blinde vrou in Letlhakajaneng naby Kuruman. Thato Lekgoe het twee jaar gelede gewapen met ’n mes en byl by die huis ingebreek en die aanval uitgevoer. Twee kinders, 8 en 6 jaar oud, was teenwoordig. Die jongste het gehelp om die aanvaller te identifiseer. Volgens die NVG het DNS-bewyse die beskuldigde aan die misdaad gekoppel.