Munisipale werkers by die !Kheis-munisipaliteit in die Noord-Kaap is in onsekerheid gelaat nadat aangekondig is dat Maart-salarisse nie betaal sal word nie. Die munisipaliteit het vroeër die week bevestig dat fondse uitgeput is en geen betalings gemaak kan word nie. Die DA het volle finansiële deursigtigheid geëis. Raadslid Rolf Christie sê ’n kennisgewing bevestig dat geen betaaldatum beskikbaar is nie. Hy voeg by dat inkomste-invordering op 20% staan, terwyl R8 miljoen reeds gebruik is om vorige salarisse te dek.