'n Noord-Kaapse man is tot 25 jaar tronkstraf gevonnis vir die verkragting van 'n minderjarige en drie vroue tussen 2016 en 2019. Douglas Mthukwane is verlede jaar in hegtenis geneem en in aanhouding gehou tot sy vonnisoplegging. Hy is ook onbevoeg verklaar om 'n vuurwapen te besit en sy naam sal in die Nasionale Register vir Seksuele Oortreders aangeteken word. Volgens polisiewoordvoerder Molefi Shemane het die misdade oor drie jaar gestrek en hy het slagoffers in Kimberley se Beaconsfield-gebied geteiken.