‘n Voormalige woordvoerder van die Noord-Kaapse regering en joernalis is gister tot 25 jaar tronkstraf gevonnis op vier aanklagte van verkragting.

Die hof het gehoor dat Douglas Mthukwane tussen 2016 en 2019 misleiding gebruik het om sy slagoffers te lok.

In twee van die gevalle het hy ‘n 14-jarige meisie ‘n saamrygeleentheid skool toe aangebied voordat hy haar na sy woonstel geneem en haar verkrag het.

Nog ‘n slagoffer is genooi onder die voorwendsel dat hy haar met haar curriculum vitae sou help.