Die Kimberley Hooggeregshof het ’n verbeurdverklaringsbevel van R49 500 toegestaan in ’n saak wat verband hou met die besit van ongeslypte diamante in Lyfram.
Volgens die Valke het Port Nolloth SAPD tydens ’n operasie geld en ongeslypte diamante by ’n woning gevind. Die 36-jarige Sephano Thumeng kon glo nie ’n permit vir die diamante toon nie en is in hegtenis geneem.
Die ondersoek is later deur die Valke en die Nasionale Vervolgingsgesag se Batebeslagleggingseenheid hanteer.