Die Kathu-streekhof in die Noord-Kaap het eergister ’n 39-jarige man tot 25 jaar tronkstraf gevonnis vir verkragting, die skep van kinderpornografie en die uitlok van ’n minderjarige vir seksuele doeleindes.

Die beskuldigde is verlede jaar in hegtenis geneem nadat ’n ontstellende video opgeduik het wat wys hoe hy sy meisie se negejarige kind seksueel misbruik.

Die video is deur die kind se tante gesien, wat later die ma in kennis gestel het.

Dit is verder onthul dat die mishandeling nie ’n enkele voorval was nie, maar by verskeie geleenthede plaasgevind het terwyl die kind se ma weg was.