’n 60-jarige man van die Noord-Kaap is in hegtenis geneem en van moord aangekla nadat hy na bewering ’n 24-jarige man in Delportshoop doodgeskiet het. Die voorval het Dinsdag omstreeks 11:30 plaasgevind. Volgens die polisie dui voorlopige ondersoeke daarop dat die oorledene saam met vriende na bewering lemoene by ’n woning gesteel het toe die verdagte op hom geskiet het. Die polisie het die verdagte kort ná die voorval in hegtenis geneem. Hy sal na verwagting môre in die Barkly-Wes-landdroshof verskyn.