Bronwyn Samuels en Celine Cloete, twee talentvolle drama-leerders van Okiep Hoërskool, is gekies om deel te wees van die “Hoe Nou”-produksie. Die skool het sy trots uitgespreek oor die leerders se prestasie en gesê hul harde werk, passie en liefde vir die kunste het vrugte afgewerp. Die geleentheid bied aan die twee leerders ’n besondere kans om hul talent verder te ontwikkel. Okiep Hoërskool wens Bronwyn en Celine alle sukses toe.