Die Noord-Kaapse Departement van Sport, Kuns en Kultuur het in samewerking met SANDEVA het ’n driedaagse Basiese Nama-taalvaardigheidswerkswinkel in Port Nolloth aangebied. Die werkswinkel het gemeenskapslede en belanghebbendes byeengebring om die bewaring, ontwikkeling en herlewing van die Nama-taal te bevorder. Mnr. Fritz Dirkse, ’n SANDEVA Nama-taalkenner, het die opleiding gefasiliteer en kennis oor die taal, kulturele identiteit en erfenis gedeel. Die inisiatief beklemtoon die belangrike rol van gemeenskappe, skole en gesinne om Nama vir toekomstige geslagte te bewaar.