Eskom sal ’n beplande kragonderbreking gedurende die nag van Dinsdag 22 tot Woensdag 23 September 2026 uitvoer vir die installering van ’n omleidingslyn by die Groeipunt-transmissiesubstasie. Die onderbreking sal alle toevoerpunte van die Richtersveld-munisipaliteit sowel as die hele Namakwaland raak. Krag sal vanaf 22:00 Dinsdagaand tot 06:00 Woensdagoggend onderbreek word. Inwoners word gewaarsku om alle kraglyne en toerusting as lewendig te beskou, aangesien toevoer enige tyd herstel kan word. Eskom vra om verskoning vir die moontlike ongerief.