Die SAPD in die Namakwa-distrik het sy misdaadvoorkomingsaksies in Springbok verskerp ná ’n merkbare toename in aangemelde winkeldiefstalvoorvalle die afgelope paar weke.
Distriksbevelvoerder brigadier Schalk Andrews sê daar is ook kommer oor die betrokkenheid van jongmense en minderjariges by sommige voorvalle. Hy doen ’n beroep op inwoners en sake-eienaars om saam met die polisie misdaad te bekamp.
Polisie sigbaarheid, patrollies, stop-en-deursoekaksies en besoeke aan ondernemings sal in Springbok se middedorp en omliggende gebiede verhoog word.
Die publiek word versoek om verdagte gedrag by Crime Stop 08600 10111 aan te meld. In noodgevalle kan 10111 geskakel word.